(c) 2007, Scheffler Beleggings BK
:: kieslys ::
Wie en wat is Scheffler Aktuarieel?
Kwelvrae
'n Paar Wenke
Riglyne vir eise ten opsigte van `n Langslewende Gade
Riglyne vir eise ten opsigte van Minderjariges en Geskeide Gades
Wet op Onderhoud van Langslewende Gades (PDF)
Kontak Ons
Engelse weergawe
Laai die Adobe Acrobat Reader hier af
Get Adobe Acrobat Reader
:: Wie en wat is Scheffler Aktuarieel? ::

Scheffler Aktuarieel is `n onafhanklike aktuariële firma wat spesialiseer in die bepaling van onderhoudseise teen boedels.

Omdat ons op onderhoudseise konsentreer, aanvaar ons ongelukkig nie opdragte vir byvoorbeeld MVA-eise of pensioenfondswerk nie.

Ons firma en sy voorganger het reeds meer as 20 jaar se praktiese ervaring in die bepaling van onderhoudseise.

Onderhoudseise is `n baie praktiese wetenskap. Minderjariges se eise word nie deur ‘n wet gereguleer nie, dit word volgens gemeneregbeginsels opgestel.

Vir langslewende gades se eise is daar `n Wet, maar die Wet is net twee bladsye lank en gee geen leiding oor hoe `n eis bereken moet word nie. Dit spesifiseer slegs wat in aanmerking geneem moet word.

Daar is dus heelwat ruimte vir professionele oordeel. Met ons jarelange ondervinding van letterlik honderde eise is ons as spesialiste in di veld in die ideale posisie om in enige omstandighede `n billike eis te kan opstel en motiveer.

Ons bereken dus nie bloot die bedrag van eise nie, maar kontroleer dat die inligting wat ons ontvang steekhoudend en sinvol is. Daarna skryf ons `n verslag met behoorlike motivering vir wat ons aanbeveel.