|
Riglyne vir eise ten opsigte van `n Minderjarige of Geskeide
Gade
Die onderstaande items word normaalweg
benodig om 'n eis vir 'n geskeide gade of minderjariges aan wie
die oorledene onderhoud betaal het voor sy/haar dood.
Klik
hier indien n eis benodig word vir n Langslewende Gade
volgens die Wet op Langslewende Gades.
Die riglyne dek nie alle gevalle nie, daar is dikwels
ook ander omstandighede wat ook in ag geneem moet word,
maar dit is nie prakties om dit hier uit te spel nie.
Lees asseblief veral die laaste paragraaf oor
kern-aspekte deeglik en oorweeg of daar nie ander relevante
inligting is nie.
Klik
hier om n dokument af te laai waarin die inligting
ingetik of ingeskryf kan word.

Oorledene se besonderhede
- Oorledene se besonderhede
- Volle name en van.
- Geboortedatum
- Datum van dood
- Salaris en ander inkomste (asook beroep en werkgewer)
(Bruto en netto na aftrekkings)
- Langslewende gade se besonderhede
- Naam, nooiensvan en geboortedatum
- Gesondheidstoestand, indien nie normaal nie.
- Huweliksdatum en hoe getroud. (Binne of buite
gemeenskap van goedere? Indien per aanwasbedeling
getroud, die implikasie daarvan).
- Salaris en ander inkomste (asook beroep en werkgewer)
(Bruto en netto na aftrekkings). Beide voor en
na die oorledene se dood.
- Die bates van die langslewende gade, uitgesluit
di wat uit die boedel gerf word. Bankrekeninge,
beleggings, besighede, eiendom, ens. (Die billike
markwaarde, netto van skuld.)
- Minderjariges
- Name en geboortedatums
- Gesondheidstoestand, indien nie normaal nie.
- Skoolstanderd. (Normaalweg nie baie belangrik
nie)
- Algemeen
- Afskrif van die testament (of besonderhede van
die erfgename en verdeling).
- Waar het die oorledene en gade gebly? (Aan wie
het die eiendom behoort?) Waar bly die langslewende
gade nou?
- Watter voordele word buite die oorledene se
boedel aan die langslewende gade en minderjariges
betaal? (Pensioenfonds, polisse of ander.) Dit
is baie belangrik, indien pensioenfonds-inligting
byvoorbeeld nog nie bekend is en `n goeie raming
is ook nie beskikbaar nie, moet die eis verkieslik
oorgehou word.
- Het die oorledene onderhoud betaal ten opsigte
van n geskeide gade of kinders?
- (Verskaf asseblief besonderhede.)
- Was die oorledene se afhanklikes lid van n
mediese fonds? Hoe het dit verander as gevolg
van sy/haar dood? Watter maandelikse premies
is en word betaal?
- Konsep Likwidasie en Distribusierekening. Indien
dit nog nie beskikbaar is nie, n lys van die
oorledene se belangrikste bates en laste en n
raming van die netto bedrag van die boedel. (n
Raming is voldoende)
- Kern-aspekte
Die uitgangspunt van die berekening is om die
waarde van die onderhoud wat die eiseres verloor
as gevolg van die oorledene se dood te bepaal. Dit
sentreer om die volgende kern-aspekte :
- Die inkomste van beide lede van die egpaar
voor die dood van die oorledene.
- Die omstandighede en lewensstandaard van die
egpaar (veral wat items soos behuising, mediese
voorsiening, ens. betref).
- Die omstandighede van die nagelate gade (bates,
inkomste, behuising, medies, ens.)
Sonder goeie inligting oor hierdie drie kern-aspekte
is dit nie moontlik om `n eis te bereken nie.
|